Der Artikel wird am Ende des Bestellprozesses zum Download zur Verfügung gestellt.

Brugbouers

Die Reitz-video en die pad na versoening
Sofort lieferbar | Lieferzeit: Sofort lieferbar I
ISBN-13:
9781776091850
Veröffentl:
2018
Seiten:
216
Autor:
Rudi Buys
eBook Typ:
EPUB
eBook Format:
EPUB
Kopierschutz:
2 - DRM Adobe
Sprache:
Afrikaans
Beschreibung:

In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Na videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink. Om die situasie te help beredder, het die universiteit vir Rudi Buys as versoeningskonsultant gewerf, waarna hy as studentedekaan aangestel is. Buys se werk by die universiteit sou uiteindelik simbolies word van 'n feller konflik in Suid-Afrika - tussen versoening en 'n dreigende rassestryd, ou en nuwe denkwyses, hoop en wanhoop. Hierdie boek fokus op "tussenin-wees". Die verhale van vier studenteleiers uit daardie onstuimige tydperk, asook die ingrypings wat onderneem is, word belig. Vir Buys was die proses by Kovsies ook 'n geleentheid om van sy eie Afrikaner-verlede sin te maak. Die gebeure by die universiteit illustreer dat Afrikaners, in hulle strewe om hul eie verlede met 'n toekoms in die land te versoen, oor die potensiaal beskik om ware brugbouers te wees en medeargitekte te word van 'n nierassige toekoms.Brugbouers bied waardevolle lesse vir elkeen wat ernstig is oor aktiewe burgerskap en sinvolle transformasie in Suid-Afrika.

Kunden Rezensionen

Zu diesem Artikel ist noch keine Rezension vorhanden.
Helfen sie anderen Besuchern und verfassen Sie selbst eine Rezension.

Google Plus
Powered by Inooga